Find the right local SA attorney now!

VENNOOTSKAPPE

Artikel deur ProkureurNanika Prinsloo

Dit gebeur gereeld dat persone wat saam besigheid wil doen wonder watse tipe entiteit om te gebruik.  ‘n Vennootskap is die mees algemene.

In hierdie artikel bespreek ons wat ‘n Vennootskap is en hoe dit werk.  Lees meer oor die voor en nadele van ‘n Vennootskap. Ons het ook vir u ‘n artikel oor die beeindiging van ‘n Vennootskap en die belastingimplikasies van ‘n Vennootskap.  

WAT IS ‘N VENNOOTSKAP

Individue sowel as enige ander regsentiteit kan ‘n Vennootskap aangaan.  Dit beteken dat twee of meer individue met mekaar en of met ‘n Maatskappy of Beslote Korporasie ‘n Vennootskap kan aangaan.  Twee Maatskappye of ‘n Beslote Korporasie en ‘n Maatskappy kan ook ‘n  Vennootskap aangaan.  Gewoonlik waar twee regsentiteite ‘n Vennootskap aangaan, is dit ‘n gesamentlike Vennootskap wat gestig word vir ‘n spesifieke doel en taak waar die twee entiteite saamwerk en sodra die taak voltooi is, ontbind die Vennootskap weer.  Dit word gewoonlik ‘n “joint venture” in Engels genoem. 

Die Vennootskap word aangegaan deurdat ‘n Vennootskapsooreenkoms gesluit word. Die ooreenkoms tussen die vennote hoef nie op skrif te wees om ‘n geldige Vennootskap daar te stel nie, maar dit sal aanbeveel word dat u liewer so ‘n ooreenkoms op skrif laat stel en onderteken.  ‘n Vennootskap hoef nerens geregistreer te word behalwe by die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste nie.

‘n Vennootskap is nie ‘n aparte regsentiteit, behalwe vir sekere doeleindes nie.  Dit kom tot stand deur ‘n ooreenkoms waarkragtens verskeie persone en/of entiteite saamwerk.  Waneer een van die vennote sterf, dan kom die Vennootskap tot ‘n einde. Trouens, wanneer enige iets in die Vennootskap verander, dan kom die Vennootskap tot ‘n einde.  ‘n Nuwe vennoot kan nie tot die Vennootskap toegelaat word nie, maar kom tot ‘n einde.  In terme van die Hofreels kan ‘n Vennootskap gedagvaar word, al is dit nie ‘n regsentiteit nie en vir doeleindes van insolvensie kan ‘n Vennootskap gelikwideer word, al is dit nie ‘n regsentiteit nie. 

VEREISTES

Daar is vyf vereistes waaraan ‘n Vennootskapsooreenkoms moet voldoen en dit is as volg:

a)    Daar moet ‘n ooreenkoms, hetsy op skrif of nie, tussen die partye wees om ‘n Vennootskap te vorm. Die ooreenkoms moet bevat dat die onderskeie persone/entiteite met mekaar ‘n Vennootskap aangaan en die ander vereistes hieronder uiteengesit en dan word die ooreenkoms onderteken as daar een is.  Waar daar nie ‘n skriftelike ooreenkoms is nie moet die mondelingse ooreenkoms tussen die partye duidelik wees; en

b)    Die partye moet die gesamentlike doel he om ‘n besigheidswins te maak; en

c)    Elke party tot die Vennootskap moet ‘n bydrae maak tot die Vennootskap en so ‘n bydrae moet onvoorwaardelik wees.  Dit beteken dat elke party moet of kontant, of bates, of arbeid of kennis en vaardigheid en/of enige ander immateriele bate tot die Vennootskap bydra.  Die Vennootskapsooreenkoms sal uiteensit hoeveel en wat elke vennoot sal bydrae, byvoorbeeld:  A sal R100 000 in kontant bydra en B sal 30 ure per week as ‘n kassiere bydrae.  Die bedrag en/of aard van elke Vennoot se bydrae hoef nie dieselfde te wees nie – een kan meer bydrae en een minder ooreenkomstig die volgende vereiste hieronder gelys as (d) naamlik

d)    Daar moet ‘n winsdeling ratio wees.  Dit beteken dat dit duidelik moet wees hoeveel wins elke vennoot sal kry.  Byvoorbeeld dat A sal geregtig wees op 51 persent van die winste en B sal geregtig wees om 49 persent van die winste.

e)    Die Vennootskap moet bedryf word vir die gesamentlike voordeel van al die vennote.

As die Vennootskapsooreenkoms aan die bogemelde vereistes voldoen, dan is dit ‘n gelde Vennootskap.

TIPES VENOOTSKAPPE

Daar is verskillende tipe Venootskappe, want vennote kan met mekaar enige ooreenkoms maak met betrekking tot hoe die Vennootskap moet werk.

Daar is twee hooftipe Vennootskappe, naamlike gewone en ongewone Vennootskappe.  ‘n Ongewone Vennootskap is of anoniem of en commandite. Anonieme Vennootskappe is waar die vennote se name nie aan buitepartye (persone wie nie vennote is nie) bekend gemaak word nie. Dit beteken dat buitengewone vennote wat nie bekend gemaak word aan derde partye nie, en dat die buitengewone vennote slegs aanspreeklik is teenoor die ander vennote ten opsigte van dit wat hy/sy moet bydra tot die Vennootskap, maar nie aanspreeklik is teenoor derde partye vir die skuld van die Vennootskap nie.

Buitengewone Vennootskappe wat en commandite is, word ook na verwys as a beperkte Vennootskap. Die rede hiervoor is dat die vennoot wat en commandite is, is slegs aanspreeklik teenoor derde partye tot dieselfde mate waarin hy bygedra het tot die Vennootskap en nie vir meer as dit nie.  Dit beteken dat waar, byvoorbeeld, Mnr X R100 000 bygedra het tot die Vennootskap, is hy slegs aanspreeklik teenoor derde partye tot die bedrag van R100 000 van die Vennootskap se skuld en nie vir meer nie.  So as die skuld van die Vennootskap R3 miljoen is, is Mnr X slegs aanspreeklik vir R100 000.  Maar die vennoot en commandite is ook geregtig op winste soos bepaal in die Vennootskapsooreenkoms.  Waar ‘n Vennootskap en commandite is, word dit gewoonlik in die naam van slegs een van die vennote bedryf.  Die ander vennoot(ote) is nie betrokke by die daaglikse bestuur van die Vennootskap nie. Die naam van die ander vennoot(ote) word ook nie bekend gemaak aan derde partye nie.  

‘n Gewone Vennootskap is die meer alledaagse en algemene Vennootskappe waar al die vennote saam werk en saam bydra tot die Vennootskap en waar al die vennnote aanspreeklik is vir die skuld van die Vennnootskap in ooreenstemming met die Vennootskapsooreenkoms.

Daar is ook, wat na verwys word, as Universele Vennootskappe.  Dit is waar partye saamgeleef en gewoon het, inkomste en uitgawes gedeel het en bates gesamentlik gekoop en besit het, maar nooit getrou het.  In so ‘n geval kan ‘n mens redeneer dat ‘n Universele Vennootskap tot stand gekom het, deurdat die partye saamgeleef en gewoon het asof hul ‘n Vennootskap bedryf, want so ‘n tipe verhouding voldoen gewoonlik aan die 5 vereistes van ‘n Vennootskap.  Die vereistes van ‘n Vennootskap word elders in hierdie artikel uiteeengesit.

Daar is ook wat ons noem ‘n persoonlike aanspreeklikheidsmaatskappy soos in Artikel 8 van die Maatskappyewet.  In the Maatskappyewet voor die wysiging van die Wet kon daar ‘n maatskappy gestig word wat na verwys is as ‘n “Artikel 53 maatskappy”.  Hierdie tipe maatskappye is professionele Vennootskappe, waar prokureurs of argitekte of ingenieurs wat professionele Vennootskappe is saamwerk.  Die naam van so ‘n firma eindig met “Ing”. (Die “Ing” staan vir “Ingelyf:”). Byvoorbeeld:  Jones, Makalini Ing.  Hierdie tipe maatskappy is a Vennootskap al word dit ‘n Maatskappy genoem. 

Verder laat hierdie tipe maatskappy opeenvolging toe.  Dit beteken waar daar bv ‘n kontrak in plek is soos ‘n huurkontrak, gaan die huurkontrak voor selfs al was daar ‘n verander in die direkteure of aandeelhouers van die maatskappy.  Die vennote van hierdie tipe maatskappy kan verander, dit is nie soos gewone Vennootskappe waar die Vennootskap ontbind as een vennoot verander nie.  Ook, die direkteure en vorige direkteure van so ‘n maatskappy is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik  Also, the directors and former directors of such a company are jointly and severally vir die skulde van die maatskappy saam met die maatskappy.  Wanneer ‘n direkteur die maatskappy verlaat, dan is hy nie meer verantwoordelik vir die skuld van die maatskappy wat aangegaan word nadat hy die maatskappy verlaat het nie.  Hy sal egter verantwoordelik bly vir die skulde van die maatskappy wat aangegaan was tydens die periode wat hy ‘n direkteur was.

VENNOTE SE PLIGTE

Om te voldoen aan die vereistes van ‘n Vennootskapsooreenkoms, het vennote sekere pligte wat onder andere die volgende is:

a)    Elke vennoot moet tot die Vennootskap bydra wat hy/sy veronderstel is om by te dra – dit verwys na die kontant/arbeid/bate/vaardigheid wat elke vennoot moet bydrae;

b)    Elke vennoot moet in goeie troue optree teenoor die ander vennote ooreenkomstig elke vennoot se fidusiere pligte.  Die fidusiere plig van ‘n vennoot beteken dat geen vennoot sal kompeteer met die besigheidsaktiwiteite van die Vennootskap nie.  Dit beteken byvoorbeeld dat as die Vennootskap ‘n roomyswinkel het, dat vennoot A nie ‘n ander roomyswinkel gaan oopmaak in kompetisie met die Vennootskap oorkant die pad nie; 

c)    Elke vennoot moet ‘n botsing van belange tussen homself en die Vennootskap vermy;

d)    Elke vennoot moet tot die verliese van die Vennnootskap bydrae ooreenkomstig Vennootskapsooreenkoms;

e)    Elke vennoot moet met die nodige omsigtigheid optree wanneer hy/sy besig is met die sake van die Vennootskap – dit sluit onder andere in dat die bates van die Vennootskap moet slegs tot die voordeel van die Vennootskap gebruik moet word

DIE REGTE VAN VENNOTE

Vennote verkry sekere regte wanneer die Vennootskap aangegaan is.  Die belangrikste van die regte is onder andere dat, wanneer die Vennootskap ontbind, is elke vennoot geregtig op ‘n aandeel van die bates van die Vennootskap soos uiteengesit in die Vennootskapsooreenkoms.  Eweneens, elke vennoot is geregtig op sy/haar deel van die wins tot die mate waartoe hy/sy geregtig is soos uiteengesit in die Vennootskapsooreenkoms.

Bogemelde is twee van die mees belangrike regte wat ‘n vennoot verkry in ‘n Vennootskap.  Dit is baie belangrik dat die regte en pligte van elke vennoot duidelik uiteengesit word in die Vennootskapsooreenkoms.

VENNOOTSKAPSOOREENKOMS

Waar daar nie ‘n geskrewe en ondertekende Vennootskapsooreenkoms is nie, sal dit baie moeilik wees om te bepaal waarop elke party geregtig is of wat elke vennoot verplig is om by te dra, want gewoonlik teen die tyd wat ‘n Vennootskap tot ‘n einde kom, is die vennote kwaad vir mekaar en elkeen het ‘n ander weergawe van waarop ooreengekom is.  Kry liewers die Vennootskapsooreenkoms aan die begin en voordat sake gedoen word op skrif ten onderteken.

Dit word ook nie aanbeveel om ‘n voorbeeld van ‘n ooreenkoms van die internet af te haal nie.  Spreek liewer ‘n professionele persoon wat weet hoe om ‘n Venootskapsoreenkoms op te stel en spandeer liewer ‘n bietjie geld vooraf as om agterna ten duurste te probeer om probleme uit te stryk.

Hierdie artikel is geskryf deur Nanika Prinsloo van Prinsloo en Genote Prokureurs en Aktebesorgers.

Sel:  072 8558 106

Epos:  nanika@vodamail.co.za

Webblad:  www.empowerlaw.co.za