Find the right local SA attorney now!

TESTAMENTE

Views from our listed attorneys


‘n Testament is die laaste dokument wat ‘n oorledene nalaat waarin hy/sy dikteer wat met sy/haar bates gebeur. Lees meer oor wat gebeur met bates as ‘n persoon sonder ‘n testament sou sterf.

Dit is baie belangrik dat u met ‘n professionele persoon konsulteer om ‘n behoorlike testament vir u op te stel. ‘n Ongeldige testament kan baie slegte gevolge he.

Daar is nooit ‘n beter tyd as om sou gou as moontlik u testament te laat opstel nie.

MAAK SEKER U TESTAMENT IS GELDIG

Ons kry gereeld persone wat dink dit is maklik om ‘n testament op te stel en om kostes te spaar, knip en plak hulle vanaf die internet. Dit is gevaarlik want elke sin in ‘n testament het regsimplikasies wat ‘n lekepersoon nie bewus van gaan wees nie. Daar is ook belastingimplikasies om te oorweeg wanneer ‘n testament opgestel word, so dit is beter om ‘n bietjie meer te betaal sodat u met ‘n geruste hart kan weet u geliefdes word versorg.

 VEREISTES VAN ‘N GELDIGE TESTAMENT

Daar is verskeie vereistes vir ‘n testament om geldig te wees en ons sal breedweg ‘n paar daarvan hier bespreek:

Eerstens moet ‘n testament op skrif wees om geldig te wees.

Die dokument moet onderteken wees aan die einde van elke deur die Testateur/Testatrise (persoon wat die testament maak), sowel as twee onafhanklike getuies. Die Testateur/Testatrise kan nie iemand aanstel om die testament namens hom/haar te onderteken nie. Die Testateur/Testatrise en die getuies moet in mekaar se teenwoordigheid wees wanneer die testament onderteken word. 

Getuies kan ook nie van die Testateur/Testatrise erf nie en hul moet ouer as 18 jaar wees.

EKSEKUTEUR

‘n Eksekuteur word aangestel in die testament. Die Eksekuteur is die persoon wat die boedel sal afhandel (“Boedel” verwys na al die bates van die oorledene). Om die boedel af te handel (te “beredder”), beteken dat die Eksekuteur die stappe eis wat gevolg moet word. Die Eksekuteur moet verkieslik ‘n professionele persoon wees wat sy/haar onderwerp goed ken, want waar ‘n familielid aangestel word as Eksekuteur, sal so ‘n persoon tien teen een in elk geval ‘n professionele persoon aanstel, want gewoonlik sal so ‘n familielid nie weet wat om te doen nie.

‘N TRUST EN MINDERJARIGE KINDERS

Indien die persoon wat die testament maak minderjarige kinders het, is dit belangrik dat daar ‘n trust geskep word in die testament. Wanneer ‘n trust so geskep word, word dit ‘n testamentere trust genoem. Dit betken dat ‘n Trust geregistreer sal word na u dood en sal die eiendom/bates wat u minderjarige kinders erf na die Trust toe oorgedra word en nie in die naam van die kinders nie. 

Indien daar nie ‘n trust geskep word in die testament vir minderjarige kinders nie, sal enige bate/geld wat hul erf na die oorlede se dood inbetaal word in die Voogdyfonds. Die Voogdyfonds word bestuur deur die staat en is die renteverdienste baie laag. Dit is ook baie moeilik om gelde vir onderhoud van die Voogdyfonds te verhaal. Wanneer daar ‘n Trust geskep word in ‘n testament, sal die Trustees van die Trust die kinders finansieel versorg en kan die gelde van die Trust bele word dat beter rentes verdien word.

‘n Trust kan ook vir ander redes geskep word: byvoorbeeld vir liefdadigheid of vir persone wat nie vir hulself kan sorg nie, al is hulle meerderjarig.

KONSULTEER ‘N PROFESSIONELE PERSOON

Ons kan u nie genoeg waarsku om liewer met ‘n professionele persoon te konsulteer in die opstel van u testament nie.

Indien ‘n testament nie aan die nodige vereistes voldoen nie, sal die bates van die oorledene volgens die intestate erfreg vererf, wat probleme kan veroorsaak. Volg die volgende skakel na ons artikel oor die gevolge om sonder ‘n testament te sterf.