Find the right local SA attorney now!

INSOLVENSIE EN DIE HUWELIK

 

Article by: Somerset West Attorney: Nanika Prinsloo

Insolvensie en die huwelik is ‘n belangrike beginsel om te oorweeg voor sekwestrasie. Wanneer ‘n persoon insolvent gaan en daar is ‘n huwelik, hang die effek van die sekwestrasie op die lewensmaat af van hoe die partye getroud is.

INSOLVENSIE EN HUWELIKE BINNE GEMEENSKAP VAN GOED

Waar die huwelik binne gemeenskap van goed is, word die gesamentlike boedel van die partye gesekwestreer. Dus word beide huweliksmaats gesekwestreer. Daar sal een sekwestrasie aansoek wees.

Volg hierdie skakel om meer te lees oor die verskil tussen vrywillige boedeloorgawe en geforseerde/vriendelike sekwestrasie.

INSOLVENSIE EN HUWELIKE BUITE GEMEENSKAP VAN GOED

Waar die huwelik buite gemeenskap van goed is, het een huweliksmaat se sekwestrasie geen effek op die ander huweliksmaat nie, tensy die een huweliksmaat vir die ander borg geteken het. As een huweliksmaat alleenlik sekwestreer, sal daardie persoon se sekwestrasie nie die ander huweliksmaat affekteer nie. As beide wil sekwestreer, moet daar twee aparte aansoeke gebring word (wat gelyktydig gedoen kan word).

HUWELIKE BUITE GEMEENSKAP VAN GOED MET DIE AANWASBEDELING

Die aanwasbedeling het geen effek op die buitewêreld nie. Dit is ‘n interne re?ling tussen die twee huweliksmaats wat slegs ter sprake kom wanneer daar ‘n egskeiding of dood is. Die aanwasbedeling word dus nie in ag geneem in ‘n sekwestrasie nie en die effek sal dieselfde wees as huwelike buite gemeenskap van goed soos hierbo bespreek.

Geen skuldeiser kan aanspraak maak op enige aanwas van ‘n eggenoot nie.

Hierdie artikel is ‘n algemene bespreking geskryf deur Nanika Prinsloo en moet nie geag word as regsadvies nie, aangesien elke situasie op sy eie meriete beoordeel moet word. Kontak skrywer vir verdere advies by nanika@vodamail.co.za of lees meer op www.empowerlaw.co.za.

Lees Ook:

 

To contact Nanika Prinsloo at nanika@nanikalaw.co.za or tel: 072 8558106