Find the right local SA attorney now!

SERTIFIKATE BENODIG DEUR 'N VERKOOPER VAN EIENDOM

Views from our listed attorneys


Sertifikate benodig deur ‘n Verkoper van eiendom kan ‘n redelike kopseer veroorsaak indien die koper onbewus is dat hy/sy die sertifikate benodig.   As oordragprokureurs wat baie oordragte hanteer is ons pynlik bewus daarvan dat verkopers nie altyd bewus daarvan is dat hulle ekstra uitgawes sal moet aangaan om hierdie sertifikate te bekom nie.

WATTER SERTIFIKATE WORD BENODIG?

Daar is vyf sertifikate benodig deur ‘n Verkoper van eiendom (as almal op die eiendom van toepassing is).   Die sertifikate benodig deur die verkoper van eiendom  is elektriese -, gas-  , elektriese heining- , loodgieter- en  kewersertifikate.  Hierdie sertifikate moet deur die verkoper verskaf word op eie koste en as daar herstelwerk is wat gedoen moet word om die sertifikate te bekom, sal die verkoper die koste moet dra. (Natuurlik tensy daar tussen die koper en die verkoper ooreengekom word dat die koper die koste sal dra en miskien minder vir die verkoopprys betaal.  Dit hang af wat die koopkontrak  bepaal en hoe die partye onderhandel het. )

Die vorige paragraaf klink nogal asof dit  baie ernstige komplikasies vir die verkoper kan gee.  As jou huis in ‘n goeie toestand is en jy onderhoudswerk deur die jare gedoen het, behoort dit nie ‘n probleem te wees nie.  Die sertifikate is nie onbekostigbaar duur nie en daar is nie altyd werk nodig op ‘n eiendom nie.  Daar is besighede wat daarin spesialiseer om vir jou al hierdie sertifikate te gee. Gewoonlik sal jou eiendomsagent, as jy een gebruik het, dit namens jou reel.

Kom ons bespreek kortliks die sertifikate wat benodig word deur ‘n Verkoper van ‘n eiendom.

1.       ELEKTRIESE SERTIFIKAAT

Die elektriese sertifikaat is die eerste van die sertifikate benodig deur ‘n verkoper van eiendom.. Soms is dit die enigste sertifikaat wat die verkoper moet verskaf  en sal afhang van die eiendom en waar dit gelee is.

Hierdie sertifikaat moet sertifiseer dat die elektriese installasie van die eiendom voldoen aan die voorgeskrewe standaarde van veiligheid.  Die elektriese sertifikaat moet uitgereik word deur ‘n gekwalifiseerde en geregistreerde elektrisien.  Die vereiste vir die elektriese sertifikaat wat verskaf moet word duer ‘n verkoper van ‘n eiendom  word bepaal  deur die  Occupation Health & Safety Act, Act 85 of 1993.  Die sertifikaat mag nie ouer wees as twee jaar nie.  Indien dit tot en met twee jaar oud I s, mag geen veranderings/verbeterings aan die eiendom gebring gewees het vandat die sertifikaat uitgereik is nie.  Indien dit die geval is moet die verkoper ‘n nuwe sertifikaat aanvra.

Die partye kan ook ooreenkom dat die koper vir die sertifikaat sal betaal en ook vir enige herstelwerk wat gedoen moet word.  Die eiendom kan nie oorgedra word aan die koper sonder hierdie sertifikaat  nie. Die partye moet dus spesifiek beding in die koopkontrak aangaande die situasie:  naamlik wie dit gaan bekom en aanvra; wie daarvoor gaan betaal en wie gaan enige herstelkoste betaal wat nodig is.  Die partye kan wel ooreenkom dat die verkoper nie die sertifikaat hoef te verskaf nie, maar dan moet daar baie duidelik en baie presies daaroor ooreengekom word.  In so ‘n geval sal die koper nie na datum van oordrag enige kostes van die verkoper kan verhaal indien daar herstelwerk nodig is ten opsigte van enige elektriese werk nie.  Ek sal nie aanbeveel dat so ‘n onderhandeling plaasvind nie, maar dat die sertifikaat liewer verskaf word soos deur wetgewing vereis word. 

2.        LOODGIETERSERTIFIKAAT

Die tweede van die sertifikate benodig deur ‘n verkoper van eiendom, is die loodgietersertifikaat.

Hierdie sertifikaat moet sertifiseer dat die waterkonneksie en waterpype ge-installeer is in lyn met munisipale- en bouregulasies.  Hierdie is ‘n spesifieke vereiste van die Munisipaliteit van die Stad Kaapstad en is in die munisipaliteit se regulasies vervat.  Die meeste ander munisipaliteite het nie hierdie verieste nie.  Die sertifikate kan enige tyd uitgereik word en het nie dieselfde 2 jaar beperking soos wat ‘n elektriese sertifikaat het nie.  Hierdie sertifikaat moet uitgereik word deur ‘n gekwalifiseerde loodgieter.  Enige eiendom wat binne die Munisipale gebied van die stad Kaapstal val het hierdie vereiste en die partye kan nie ooreenkom dat die vekrper nie hierdie sertifikaat hoef te erskaf nie. 

Die loodgietersertifikaat moet ingedien word by die Munisipaliteit voordat die oordrag van die eiendom kan plaasvind. Indien die eiendom in ‘n ander area val waar hierdie vereiste nie bestaan nie, sal die partye as ‘n reel nie daaroor onderhandel nie en sal die koopkontrak nie so ‘n klousule bevat nie.

3.       GAS

Indien daar gas op die eiendom is, is ‘n gassertifikaat een van die sertifikate benodig deur ‘n verkoper van eiendom.

‘n Gassertifikaat sal sertifiseer dat enige gas-installasie op die eiendom  voldoen aan die Occupational Health & Safety Act.  As daar geen gas –installasie op die eiendom is nie, is die sertifikaat natuurlik nie nodig nie.  Daar is ook geen beperking op die ouderdom van die sertifikaat nie (2 jaar) soos met ‘n elektriese sertifikaat nie.  Die partye kan ook nie uitkontrakteer dat die verkper nie hierdie sertifikaat moet verskaf nie . Die  sertifikaat moet aan die koper verskaf word voor datum van oordrag.  Die bank mag hierdie sertifikaat versek indien die koper aansoek doen vir ‘n verband , so dit is beter om die sertifikaat te gee so gou as wat die ooreenkoms onderteken is. 

4.       KEWERSERTIFIKAAT

Die kewersertifikaat is ook  een van die belangrike sertifikate wat ‘n verkoper van eiendom benodig.  Die kewersertifikaat sal sertifiseer dat die houtstrukture van ‘n eiendom vry is van sekere kewers wat hout eet en vernietig.  Hierdie sertifikaat word nie verskaf  omdat dit vereis word deur wetgewing nie, maar dit is ‘n gebruik wat oor baie jare ontwikkel het en wat diep grondgevat het in eiendomstransaksies.

Die koper en die verkoper kan ooreenkom oor die geldigheidsperiode van die sertifikaat.  Daar is geen vereiste vir ‘n periode waarin die sertifikaat verskaf moet word soos met ‘n elektriese sertifikaat nie.  Die partye kan ook ooreenkom dat die verkoper nie die sertifikaat hoef te verskaf nie want daar is geen verpligting op die verkoper om so te doen nie.  Dit is altyd beter om ‘n sertifikaat te verskaf as nie, want dit  skakel net potensiele probleme uit.

Dit is altyd beter om ‘n sertifikaat te kry net nadat die koopooreenkoms onderteken is en dit is beter om nie een te verskaf wat ouer as 5 jaar is nie , selfs al is daar nie ‘n t ydbeperkingsouderdom op die sertifikaat nie.  Ek twyfel of ‘n koper ‘n sertifikaat sal aanvaar wa touer is as 5 jaar.

5.       ELEKTRIESE HEININGSERTIFIKAAT

As daar ‘n elektriese heining om die eiendom is,  is dit nog ‘n sertifikaat by die lys van  sertifikate wat ‘n verkoper van eiendom benodig.  Die elektriese heiningsertifikaat sal sertifiseer dat die elektriese heining installasie voldoen aan die Occupational Health and Safety Act.  Die verkoper en die koper kan ooreenokm om afstand te doen van hierdie vereiste. ‘n Nuwe sertifikaat moet uitgereik slegs as daar ‘n verandering was aan die elektriese heininginstallasie nadat die oorspronklike sertifikaat uitgereik is toe die heining geinstalleer was.  

Hierdie sertifikaat  word nog nie kragtens wetgewing geeis nie, maar ons vind dat meer en meer verkopers vir hierdie sertifikate vra.

Ons verstaan dat swembadsertifikate ook in die pyplyn is en hier en daar gevra word deur kopers.

Gewoonlik sal die eiendomsagent wat die eiendom verkoop die reelings tref vir die sertifikaat as deel van die diens van die agent.  As die agent nie sulke reelings tref nie of indien daar nie ‘n agent betrokke is nie, meot die vekoper dit self reel.  Die verkoper dra gewoonlik die koste van hierdie sertifikate.

Sodra u besluit om u eiendom te verkoop, is dit ‘n goeie idee om  ‘n voorlopige inspeksie van jou eiendom te laat doen deur ‘n elektrisien, ‘n loodgieter (wat ook gekwalifisieer is om gasinstallasies te doen); ‘n kewerinspekteur en so meer, sodat jy liewer betyds potensiele probleme kan optel, indien daar enige probleme bestaan.