Find the right local SA attorney now!

STABILITEIT DEUR MIDDEL VAN INSOLVENSIE

Artikel deur Insolvensie Prokureur: Nanika Prinsloo


Hierdie artikel verduidelik hoe stabiliteit deur middel van insolvensie verkry kan word.

Wat is insolvensie?

Stabiliteit deur middel van insolvensie is moontlik omdat insolvensie jou help om van jou skuld ontslae te raak. Jy gebruik jou bates om van jou skuldeisers ontslae te raak (sekwestrasie) of as jy ‘n besigheid likiwideer raak jy ook ontslae van skuld. Die insolvensie gee stabiliteit deurdat jy daarop kan fokus dat jou inkomste jou inkomste is en dat jy nie jou inkomste hoef te gebruik om jou skuld mee te betaal nie. As die tyd reg is, is insolvensie ‘n uitstekende meganisme om te gebruik om jou te help om stabiliteit te bereik.

Dertig jaar versus vier jaar

As ‘n skuldeiser vonnis teen jou geneem het, is dit geldig vir DERTIG jaar of totdat die skuld ten volle vereffen is. Maar as jy sekwestreer kan jy aansoek doen om rehabilitasie na VIER jaar. Gedurende die vier jaar wat j yonder sekwestrasie is gaan die lewe aan soos gewoonlik. Daar is omstandighede waaronder mens gouer kan rehabiliteer, maar dit word nie hier bespreek nie. In die geval van ‘n besigheid wat gelikwideer word, affekteer dit nie juis die persoon nie (tensy hy/sy borg geteken het vir die skuld van die besigheid) en mens kan voortgaan met besigheid in ‘n ander entiteit.

Beskrem jou besigheid deur dit te “verloor” en verkry so stabiliteit deur middel van insolvensie

Soms is ‘n besigheid goed genoeg om ‘n inkomste te verseker, maar is belas met te veel skuld – veral skuld aan die ontvanger van inkomste. Daar is min besigheidseienaars met wie ek praat wat finansiele probleme in hul besighede ondervind wat nie geld aan die ontvanger van inkomste skuld nie. Waar ‘n besigheid goed genoeg is om ‘n inkomste te verseker maar het te veel skuld, verg dit baie energie om die besigheid te bestuur. Dit sal beter wees om so vinnig as moontlik so ‘n besigheid te likwideer en oor te begin as om dit te probeer bestuur uit die skuld uit. Kontak die skrywer van hierdie artikel en ek sal vir u help deur die proses hoe om voort te gaan met besigheid terwyl jy likwideer om stabiliteit te kry.

Dit is moontlik om voort te gaan met besigheid en om ‘n inkomste te verdien

Mens kan stabiliteit deur insolvensie verkry as jy jou besigheid likwideer, want jy kan nog ‘n inkomste verdien. Niks verhoed enige persoon om meer as een besigheid te he nie. Konsulteer met die skrywe van hierdie artikel en ek sal vir jou verduidelik hoe di twerk.

Mites oor insolvensie:

Daar is baie mites oor insolvensie, soos “ek gaan alles verloor; krediteure gaan my inkomste vat; ek kan nie met my besigheid voortgaan nie; ek meot nog my skuld betaal…” en so meer . Nie een van hierdie mites is waar nie. Meubels kan teruggekoop word uit die insolvente boedel (dit is meubels wat klaar betaal is), jy kan voortgaan om ‘n inkomste verdien en jy kan voortgaan om ‘n besigheid te he. Jou inkomste word nie op beslag gele nie en jy hoef nie enige skuld aangegaan voor datum van sekwestrasie te betaal nie. Insolvensie gee stabiliteit want dit neem skuld uit die toneel uit sodat jy kan aangaan met jou lewe sonder die las van skuld.

Die verskil tussen likwidasie en sekwestrasie

Individue sekwestreer en besighede likwideer. Vir individue moet daar ‘n “voordeel vir krediteure” bewys word. Vir besighede bestaan hierdie vereiste nie. ‘n Besigheid kan likwideer al het dit geen bates nie. As ‘n individu wil sekwestreer, dan moet hy/sy bates he om te kan sekwestreer of hy/sy moet kontant he.

Wat gebeur as ‘n persoon niks doen met betrekking tot sy/haar skuld nie

As jy skuld het wat jy nie kan betaal nie en jy doen niks daaromtrent nie, dan is die kanse uitstekend dat krediteure beslag sal le op jou bates of op jou salaris. Indien jy ‘n huis met ‘n verband op het, is die kanse uitstekend dat indien die bank die huis terugneem hul ongeveer tussen 40 tot 45% van die balans van die verband op ‘n veiling gaan kry, wat beteken jy gaan die balans moet afbetaal vir ‘n baie, baie lang tyd. Die bank sal beslis vonnis teen jou neem en daardie vonnis sal geldig wees vir DERTIG jaar of totdat dit klaar betaal is. indien jou tekort groot is (en die kanse is goed dat dit groot gaan wees), gaan jy met hierdie skuld sit vir die res van jou lewe.

As jy egter sekwestreer, word die huis op ‘n insolvensieveiling verkoop en dan maak dit nie saak waarvoor die huis verkoop nie, want jy hoef dan nie die tekort te betaal nie. Die bank moet die tekort in die sekwestrasieproses afskryf. So kan jy stabiliteit deur insolvensie bereik want, in plaas daarvan om dan vir ‘n huis te betaal wat jy nie meer het nie, hoef jy niks te betaal nie en kan jy jou geld vir jouself gebruik. Jy bly dan net onder sekwestrasie vir VIER jaar sonder om enige skuld te betaal waarna jy weer kan rehabiliteer.

Woon in die eiendom vir 4 – 6 maande

Sodra die besluit gemaak is om te sekwestreer, hou jy op om jou skuld te betaal . Jy kan in die eiendom bly sonder om jou verband te betaal totdat jy kennis van die kurator kry dat jy moet trek. Jy moet lopende uitgawes soos die munisipale rekening en telefoon en dies meer te betaal ,maar nie skuld nie. Gewoonlik (en dit is in die algemeen – dit mag verskil van geval tot geval) neem dit tussen 4 – 6 maande en soms langer om by die verkoop van die huis uit te kom. Dit gee jou dan kans om bietjie op jou voete te kom voordat jy die eiendom moet verlaat.

Insolvensie raak ontslae van alle skuldeisers*

Stabiliteit word verkry deur insolvensie want dit raak ontslae van alle skuldeisers sodra die bevel gegee is. As jy nie sekwestreer nie, sal ‘n krediteur ‘n houvas op jou he totdat die skuld klaar betaal is. ‘n Krediteur gee net oor homself om so hy sal op jou bates beslag le en ook op jou salaris as hy kan. Meeste van die tyd op ‘n veiling is die prys wat gehaal word nie voldoende om die uitstaande skuld te betaal nie. Dit sal dus beteken as die bank jou huis terugneem en vir enige prys sal verkoop en jy bly verantwoordelik vir die balans. As jy sekwestreer sal jy nie daardie probleem he nie.

‘n Skuldeiser waarvan nie ontslae geraak word nie is doeane en aksyns verskuldig aan die Ontvanger van Inkomste. BTW en voorlopige belasting en inkomstebelasting word afgeskryf, maar nie skuld verskuldig in terme van doeane en aksyns nie.

Jy hoef nie die skuld te betaal nie

Sodra ‘n skuld deel vorm van ‘n likwidasie of sekwestrasie, word dit afgeskryf en kan ‘n skuldeiser dit nie weer van jou verhaal nie. (Indien dit ‘n besigheid is wat likwideer en jy het borg geteken vir enige skuld van die besigheid, sal jy persoonlik verantwoordelik wees vir die skuld van die besigheid en sal jy ook moet sekwestreer as jy daarvan wil ontslae raak). (Weereens, behalwe doeane en aksyns bedrae verskuldig aan die Ontvanger van Inkomste).

Borgskappe

Indien jy borg geteken het vir enige van die skuld van ‘n Beslote Korporasie of Trust of Maatskappy, is jy natuurlik in jou persoonlike hoedanigheid aanspreeklik vir die skuld. Dit is belangrik dat jy da nook sekwestreer na die likwidasie anders gaan jy die skuld moet betaal, al is dit die besigheid s’n. Tydsbestuur is baie belangrik en stel ek voor dat jy liewer met my (skrywer van hierdie artikel) kontak sodat ek jou kan help om beplanning te doen. Soms is dit nie nodig om ‘n besigheid te likwideer nie maar dat jy eerder net sekwestreer. Dit hang van die tipe skuld van die maatskappy en is dit beter om ook hieroor met my te konsulteer.

Hoe betaal jy die sekwestrasiekoste?

Sodra jy besluit om te sekwestreer, hou jy op om enige skuld te betaal (onthou jy moet nog lopende uitgawes betaal) en jy gebruik dan daardie geld om die sekwestrasiekoste meet e betaal. Of jy moet ‘n ander manier vind om die kostes bymekaar te kry , want ongelukkig is die kostes betaalbaar voordat ons die aansoek op die hofrol kan plaas.

Algemeen

Die bogemelde is algemene inligting aangaande stabiliteit deur middel van insolvensie. Dit is ‘n baie interessante onderwerp, maar moet ten volle verstaan word en jy moet weet hoe dinge in mekaar steek, anders kan jy dit misverstaan. Insolvensie is ‘n uitstekende meganisme om finansiele probleme op te los . As jy dit op die regte tyd op die regte manier gebruik, kan dit baie bevrydend wees. . Ek sal vir jou etiese advies gee en die korrekte advies in lyn met die Insolvensiewet. Kontak my gerus vir meer besonderhede.


Artikel geskryf deur prokureur gelys op ons susterwebblad. Klik hier vir haar volle besonderhede.